Natalie Hayes is al deur baie in haar lewe en
daarom het sy besluit om haar verhaal in boekformaat te vertel om ander te
inspireer. Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n elektroniese eksemplaar van haar
boek wen!
Natalie Hayes is ՚n inspirerende donkerkop met ’n groot passie vir Jesus, musiek
en haar oulike bruin worshond, Eli. Met die eerste oog opslag sal ’n mens nie
kan raai waardeur sy al alles in haar leeftyd is nie, maar haar hele getuienis
is beskikbaar in haar nuwe boek, GEBREEKTE VLERKE KAN OOK VLIEG. Gina
van Staden het meer gaan uitvind oor die skrywer, asook hoe die boek gebore is.
VERTEL ONS EERS
WIE IS NATALIE BY DIE HUIS?
“Ek glo daaraan dat my ja, ja moet wees en my
nee, nee. Ek sê byvoorbeeld nie vir jou dat ek vir jou sal bid, tensy ek nie
onmiddellik los waarmee ek besig is en óf dadelik bid, óf ’n tyd met jou
vasmaak om jou te bel en oor die foon vir jou te bid nie.
Die woord dankie is deel van my. Dit is net ’n
klein woordjie, maar is van onmeetbare waarde wanneer dit opreg bedoel word.
Wanneer ek ’n suurlemoen in my tee (rooibos
en camomile) of in my kos uitdruk,
ruik ek eers met diep teue aan my hande voordat ek hulle gaan was. En wanneer
ek koffie maak (ek drink net kafeïenvrye koffie met melk, sonder suiker) drink
ek eers die reuk in vir ’n paar sekondes voordat dit in my mond gaan.
So lief as wat ek is vir optof wanneer ek ’n funksie
bywoon, is ek net so lief vir geen grimering, sweetpakbroek en kaalvoet loop by
die huis. In die winter troos ek natuurlik die kaal voete met my
skaapwolpantoffels.
My gunsteling-kleur, -reuk en -seisoen is
herfs. (Seker oor ek ’n herfsbaba is?) Het jy al Clarens besoek gedurende die
herfsseisoen? Dit is die mooiste-mooi.
Ek geniet dit om te lees - meesal Christelik
gebasseerde verhale van liefde, vergifnis en oorwinning. Ek lees tans Helena
Hugo se Dit gebeur met ander.”
HOEKOM HET JY
HIERDIE BOEK GESKRYF?
“Ek het dit nie beplan nie. Hoewel ek
profetiese woord daaroor gekry het (vyf of ses jaar voordat ek dit geskryf het)
en daar ’n begeerte in my hart ontstaan het om ’n boek te skryf, het ek glad
nie geweet dat die e-pos drafts wat ek op my selfoon neergepen het hierdie
einste boek sou word nie.”
WAAROOR GAAN DIE
BOEK?
“GEBREEKTE VLERKE KAN OOK VLIEG is my
lewensverhaal van molestasie as dogtertjie, verkragting as vyftienjarige maagd
deur ’n man van drie-en-vyftig, twee aborsies, affairs, ’n mislukte huwelik,
onverklaarbare siektetoestande, die beautiful gebeurtenis toe een van die mans
met wie ek ’n affair gehad het, my na Jesus lei, asook die jare en my lewensreis
daarna.”
WIE WIL JY BEREIK
DEUR DIE BOEK?
“Eerstens moet lesers vir Jesus leer ken – Sy
hart en liefde vir ons. As dit nie gebeur nie, kan ek maar al die eksemplare in
die asblik gooi en die PDF permanent uitwis. Indien hulle Hom reeds ken, moet
daar iets nuuts in hulle aangewakker word om nóg nader aan Hom te wil lewe.
Ek wil hê dat lesers moet vry kom van alles
wat hulle terughou. Talle mense wat my boek lees, sê dat hulle besef dat daar
nog soveel mense is wat hulle moet vergewe.
’n Man het my gekontak en gesê dat hy sy
sussie dertig jaar gelede gemolesteer het en dat hy daarvan wou vry kom. Wow! Dít
is my God! Dis die tipe dinge wat moet gebeur, want dan bereik nie net ek iets
nie, maar die hele Koninkryk van God baat daarby.”
BESKRYF DIE
SKRYFPROSES? HOE, WAAR EN HOE LANK HET JY DAARAAN GESKRYF?
“Ek het in Parys gebly, in die pastoor van Godlife
Church, Joseph van Eeden, se tuinwoonstel. Ek het talle male beroertesimptome
gekry en het selfs een oggend op die mat wakker geword. Clair, Joseph se
pragtige vrou, het vir my die keuse gegee: óf ek moes hospitaal toe, óf na my
ouers toe, óf sy sou vir my ’n bed in hulle kamer maak.
Ek was toe na my ouers
vir daai naweek. Ek het onuithoudbaar sleg gevoel, met Jesus gepraat en toe besluit
dat ek sou skryf totdat ek beter voel.
Soos ek geskryf het, het ek Hom bly vra of
daar iets was waarmee ek nog moes deal. Soos die gedagtes opgekom het, het ek
getik. Sommer in my e-pos drafts op
my foon, soos vroeër genoem.
Terug in Parys het ek vir drie dae op die mat
in my kamer gelê en aanmekaar geskryf - oor die twintig skryfstukke. Daarna het
ek vir vyf weke lank net getik en die verskeie stukke op Facebook gelaai. Mense
het my gekontak en gevra waar die volgende stukke was, want hulle kon nie wag
om verder te lees nie.
So het ek toe aanhou tik. By skrystuk nommer
drie-en-vyftig het ek besef dat hierdie my boek was! Ek ontmoet toe vir Stefaans
Coetzee, mede-skrywer van Witwolf en Suiker Britz, en hy leer my ’n paar spel-
en taalreëls, omdat ek geen skryfopleiding of -agtergrond het nie. Ek sit die
skryfstukke toe oor op my rekenaar en die groot werk begin... redigering! Vanaf
die eerste skryfstuk tot 31 Januarie 2020, toe my boek bekendgestel is, het ses
maande geneem.”
WAS DIT MOEILIK
OM SÓ EERLIK EN OOP TE WEES? HET JY JOUSELF BEKOMMER OOR MENSE SE OPINIES EN
REAKSIES?
Ek het nog nie negatiewe kritiek gekry nie. Ek glo daar is seker, maar hulle hou dit dalk net vir hulself.”
“Omdat ek nie geweet het dat die skryfstukke ’n
boek sou word nie, was ek rou-eerlik. Dit was slegs ’n saak tussen my en God,
dus was dit vir my maklik. Ek moes wel met tye stop, omdat ek emosies en
gebeure van voor af ervaar en beleef het.
Toe ek besef het dis my boek, het ek geweet dat
dit nét so moes bly, want daar was ’n rede voor. Al waaroor ek wel bekommerd
was, was die kru-taal wat ek so af en toe gebruik het, omdat dit glad nie is
hoe ek nou meer praat nie. Ek lag eintlik nou nog wanneer ek dink aan die voice
note wat ek vir Adele Vrey gestuur het: “Adele, ek gebruik die f-woord ՚n paar keer in my boek. Dink jy ek moet dit vervang met ’n
ander woord, of moet ek net sterretjies en goeters gebruik dat hulle self
aflei? Ek is bang mense dink ek praat so en sit my boek neer. Veral die hoogheilige
mense wat nie foute het nie.
My verlede is my verlede. Ek kan nie terug
gaan en dit verander nie. Jesus het reeds die prys vir my betaal. Ek is vergewe
en ek is vry, so waarom moet ek dit wegsteek en skaam wees daaroor as dit ander
kan help om vry te kom en Hom te leer ken?”
WAT IS DIE
ALGEMENE TERUGVOER OOR JOU BOEK?
“Baie mense kontak my en sê dat hulle besef
hulle moet vergewe. Talle vroue wat aborsie oorweeg het, kontak om te sê
dankie, hulle het van plan verander.
Ander sê weer dat hulle besef het dat
hulle lou is in hulle wandel met God. En meer as waarvoor ek gehoop het, sien
hulle hul eie verlede wanneer hulle my boek lees, en dan kom hulle tot die besef
dat hulle al die jare nog hierdie eina-goeters saam dra.
Ek het nog nie negatiewe kritiek gekry nie. Ek glo daar is seker, maar hulle hou dit dalk net vir hulself.”
AS JY NET EEN
BROKKIE ALGEMENE RAAD VIR IEMAND KAN GEE, WAT SAL DIT WEES?
“Jy is nooit te ver van die pad af vir Jesus om jou te red nie. Draai na Hom toe, net soos jy is. Hy is so lief vir jou dat Hy jou net so sal verwelkom, maar nóg liewer vir jou dat Hy jou nie net so sal los nie. Vertrou Hom en glo Sy Woord, want dit is waar.
“Jy is nooit te ver van die pad af vir Jesus om jou te red nie. Draai na Hom toe, net soos jy is. Hy is so lief vir jou dat Hy jou net so sal verwelkom, maar nóg liewer vir jou dat Hy jou nie net so sal los nie. Vertrou Hom en glo Sy Woord, want dit is waar.
WAT LÊ VOLGENDE
VIR JOU VOOR?
“Huise van veiligheid vir vroue en meisies regoor Suid-Afrika, en hopelik nog ’n boek. Ek het ’n passie vir gebroke vroue en meisies. Ek weet waar ek was, anderkant stukkend, en as Jesus my kon vry maak, kan Hy hulle natuurlik ook vry maak. Dit is die grootste voorreg wanneer ek en/of my boek as instrumente gebruik word.
“Huise van veiligheid vir vroue en meisies regoor Suid-Afrika, en hopelik nog ’n boek. Ek het ’n passie vir gebroke vroue en meisies. Ek weet waar ek was, anderkant stukkend, en as Jesus my kon vry maak, kan Hy hulle natuurlik ook vry maak. Dit is die grootste voorreg wanneer ek en/of my boek as instrumente gebruik word.
En ek hou van lekker eet. Wie doen nie? Ek
eet gesonde kos sonder suiker en stysel. Ek en Lindi (sy was een van die vroue
wie my boek gekoop het en nou is sy ’n kosbare gebedsvriendin en my lock down
partner hier in Clarens) is tans besig om ’n resepteboek saam te stel met al
ons gesonde grendeltyd disse. Hoewel ek baie lief daarvoor is om kos te maak,
is Lindi die kok agter die resepteboek.”
As jy self iemand is wat uit ’n moeilike
verlede kom en nie weet waarheen om te draai nie, sal dit jou baat om GEBREEKTE
VLERKE KAN OOK VLIEG aan te skaf en te lees. En as jy reeds ’n pad saam
met God stap sal hierdie boek jou opnuut laat besef hoe ver Jesus se genade
strek.
WEN, WEN, WEN!
Drie gelukkige lesers kan elk ’n elektroniese eksemplaar van GEBREEKTE VLERKE KAN OOK VLIEG wen!
Drie gelukkige lesers kan elk ’n elektroniese eksemplaar van GEBREEKTE VLERKE KAN OOK VLIEG wen!
Om in te skryf:
*Like en deel hierdie inskrywing op Facebook;
*Gaan LIKE Natalie se boek se blad;
en
*Tag drie vriendinne in die kommentaarblokkie.
Die wenner sal op 3 Junie 2020 aangekondig word.
Comments
Post a Comment