Die Afrikaanse sopraan, Belia Lourens, se nuutste album bring hulde aan een van die land se grootste musieklegendes van ons tyd.
Belia Lourens – die sangeres met die klokhelder
stem, van Porterville in die Weskaap, beskryf haarself as iemand wat eers later
in haar lewe haar ware roeping ontdek het. Sy het in ’n musikale huis
grootgeword, maar eers op vier-en-dertig haar musiekopleiding aan die
Stellenbosch Konservatorium voltooi. Nou is sy al reeds vir twee dekades in die
musiekbedryf doenig.
Oor die jare, het sy baie waardevolle lesse
geleer, veral dat dit harde werk verg om jou loopbaan te laat werk.
Sy is baie opgewonde oor die vrystelling van
haar nuutste album, Belia Sing Janita Claassen, wat ’n klassieke
versameling van Janita Claassen-liedjies bevat en ’n vars benadering tot
bekende liedjies bied, wat beloof om by aanhangers van beide kunstenaars
aanklank te vind.
Belia: “Nie net was sy ’n besonderse mens
nie, maar sy het ook ’n skatkis van liedjies agtergelaat wat nie verlore mag
gaan nie. My tipe stem komplementeer die aanslag van die liedjies en
niemand het al met so ’n album hulde gebring aan hierdie legendariese sangeres
nie.”
Belia: “My persoonlike gunsteling is Reëndruppels. Die musiekverwerking
is so werklik. Ek kan die reëndruppels hoor val in die lied. Die
woorde val ritmies presies op die regte plekke. Met Suid-Afrika se
droogte-geskiedenis, besef ons hoe kosbaar is die gawe van reën. Dit is ’n
belewenis-lied. ’n Dans-in-die-reën-lied.”
BeliaL “’n Treffer oor die verskillende
genres het elkeen sy eie suksesresep. Ek dink in die luisterliedjie-mark
wil mense graag die storie van die liedjie volg met ’n goeie melodielyn. Selektiewe
herhaling is altyd goed as dit gevoel uitdruk.”
Belia: “Belia by die huis is stil en
tevrede. Ek het egter nodig om tussendeur op te tree om ’n ander soort
vrede daarby te voeg. Bemarking in vandag se tyd is deel van ons
alledaagse bestaan en ek moes dit noodwendig deel van my lewe maak. Vir
balans moet ek elke dag ’n bietjie musiek, ’n bietjie bemarking, ’n bietjie
kreatief wees, ’n goeie dieet volg, ’n bietjie oefen, baie lees en bid en goed
slaap. Ek ontspoor dikwels, maar dit is my strewe.”
“Die projek broei al die laaste twee jaar,
maar het eers in die laaste jaar momentum gekry. Alhoewel dit my agtste
produksie is, raak dit nooit makliker nie. Dit is ’n langdurige
proses. Vanaf die keuse van ’n tema, die keuse van liedjies, die
verwerkings, administrasie, opname met al sy fasette en grafiese kunswerk, bly
dit ’n groot verantwoordelikheid met ’n groot finansiële uitleg. Ek werk dus
eerder ’n bietjie langer, maar probeer sover moontlik die beste produk hieruit
te kry.
Gelukkig het ek ’n uiters bekwame span wat
help om die legkaart te bou. Wanneer jy op die ou einde met daardie album
in jou hand staan, weet jy hier is baie bloed en sweet en tyd in, maar deur en
deur die moeite werd.”
Rolbos
Hardloop my kindReëndruppels
Ballonne
Meisiekind
Lied vir ma
Wie sal weet
Hoor jy die klokke
Oorwinter
Wiegel Waggel
As die engele huil
In Afrika
Don’t cry for me Argentina
Hou haar sosiale media dop om te sien waar jy
dit kan aflaai.
Instagram: @lourensbelia
Webblad: www.belialourens.co.za
WEN ’N CD!
Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n CD wen.
Skryf so in:
*Like en deel die post of Facebook;
*Like Belia en Starburst Promotions op
Facebook;
*Los die naam van jou gunsteling-liedjie op
die CD in die kommentaarblokkie.
Wenners sal op 30 April aangekondig word en
CD’s sal eers na die afsonderingstydperk versend word.
Comments
Post a Comment