Reynardt Hugo is geen
vreemdeling onder Suid-Afrikaners nie. Die talentvolle sanger (en ook gewese
lid van die sanggroep ADAM), akteur en motiveringspreker het onlangs sy nuwe solo
enkelsnit, Die Rivier, vrygestel. Gina van Staden het gaan uitvind oor
die nuwe koers wat sy loopbaan ingeslaan het ,asook wat alles in sy hart broei.
BAIE GELUK MET JOU NUWE ENKELSNIT. WAT BETEKEN
DIE LIED VIR JOU OP ’N PERSOONLIKE VLAK?
“Baie dankie. Die idee vir hierdie liedjie prut
nou al ’n hele ruk in my siel. Die verduideliking daarvan is eindeloos. Vir my
gaan dit onder andere oor hoe ek my hart vir die Here gegee het ’n paar jaar
terug, hoe ek skoongewas is van die slegte dinge en hoe dit gelei het na die
vergifnis wat oor my gespoel het. En ook om aan te hou groei en nuwe hoop te
bring vir elkeen wat nie op ՚n goeie plek in hulle lewens is nie.”
BESKRYF HOE DIE KREATIEWE PROSES VAN
SOLO-KUNSTENAAR VERSKIL VAN ’N GROEP? WAT IS DIE NUWE UITDAGINGS WAT DIT
INHOU?
“Hoe dit verskil van ’n groep is is dat jy
alleen volle verantwoordelikheid neem vir die kreatiewe proses van die skryf
van ’n liedjie. Jy luister na voorstelle, maar op die einde van die dag is dit
jý wat die finale besluit neem. In ’n groep het jy idees (goeie idees), maar
dit beteken nie noodwendig dat daardie idees voorkeur sal kry nie. Die
uitdaging is om aan te hou skryf. Nie dat dit regtig ’n uitdaging is nie, want
dit is iets wat ek natuurlik doen, maar dit is belangrik om nie stoom te
verloor nie. En ook om jou voete te vind in die klank wat jy wil hê.”
HOE LYK ’N NORMALE DAG IN JOU LEWE?
“Staan op, gee vir my honde
koekies, borsel my tande, maak reg, gee my verloofde ’n soen en ry stel toe. Dan
word ek gegrimeer en gaan ek deur my dialoog saam met die ander akteurs. Daarna
begin ons met die dag se verfilming. Sodra ek klaar is kom ek by die huis,
spandeer ek tyd saam met my verloofde (ons drink koffie en speel met die
honde), eet ons en dan begin ek weer voorberei vir die volgende dag se tonele.
Nou mag mense dalk wonder waar ek tyd kry vir oefen, skryf en sovoorts? Ek doen
dit alles tussen my tonele. Of op my af dae ry ek deur na die produsent toe en
skryf ek daar.”
HOE HET JY GEVOEL IN DIE TYD NET VOORDAT JY JOU
HART VIR DIE HERE GEGEE HET?
“Ek was totaal verlore. Ek het te veel gedrink,
dagga gerook en rondgeslaap.”
EN TOE JY ALLES OORGEGEE HET AAN HOM?
“Dit is nogsteeds ’n aanhoudende groeiproses. Ek
het mense uit my lewe gesny wat nie goed was vir my nie. Nou het ek ’n hele
nuwe lewe - ek is ’n Christen en lewe volgens Christelike beginsels. Ek hou my
ore toe vir mense se negatiwiteit en behou my fokus op my eie lewenspad. Ek
maak seker dat ek naby aan die Here leef, nuwe dinge leer en probeer elke dag
net my beste om so te leef.”
IS DIT MOEILIK OM IN JOU INDUSTRIE OP DIE REGTE PAD TE BLY? HOE DOEN JY DIT EN HET JY DIE NODIGE ONDERSTEUNING?
IS DIT MOEILIK OM IN JOU INDUSTRIE OP DIE REGTE PAD TE BLY? HOE DOEN JY DIT EN HET JY DIE NODIGE ONDERSTEUNING?
“Nee, dis nie moeilik om op die regte pad te bly
nie. As jy nie vir iets gaan staan nie gaan jy altyd verlore wees. Ek staan vir
die Here en as iemand nie daarvan hou nie, kan hulle maar padgee. Ek omring
myself met die regte tipe mense en het baie goeie vriende wat my ondersteun en
uitdaag om aan te hou groei. Ek maak seker dat ek reguit is met mense en dat
hulle weet waar hulle met my staan. ’n Belangrike lewensles wat ek geleer het
is dat nie almal van jou gaan hou nie - en dis great! Dit gee my net méér
motivering om aan te hou.”
IS DAAR ENIGE IETS SPESIFIEKS WAT JY IN GOD SE
KONINKRYK WIL DOEN, WAT JY DALK NOG NIE HET NIE?
“Ek is tans besig om ’n boek te skryf en hierdie
boek gaan genesing bring. Dit gaan mense bereik wat emosioneel swaarkry, wat
nie weet watter kant toe meer nie. Ek wil inspirerend en postief wees - ek wil
’n voorbeeld wees vir mense. Ek wil meer oor die Here leer sodat ek my
ervarings en ondervindings kan deel met jong mense. Ek wil die boetie wees vir
elke seun en dogter wat nie ’n boetie gehad het nie en ek wil die vriend
wees vir elke tienerseun en tienerdogter wat nie ’n vriend het nie. Laastens
wil ek die seun wees vir elke man en vrou wat nooit dáárdie seun gehad het
nie.”
WAT IS DIE GROOT DROOM WAT JY VIR JOU LEWE HET?
WAT IS DIE GROOT DROOM WAT JY VIR JOU LEWE HET?
“Om aan te hou groei. Want hoe meer ’n mens van
binne verander, hoe meer verander jou omstandighede van buite. Ek hoop vir nog
baie rolle, vertonings en praaitjies, asook om ’n GREAT huwelik te hê en die
vermoë om ’n goeie pa te wees.”
WATTER RAAD HET JY VIR IEMAND WAT DIE REGTE PAD
WIL BEGIN STAP?
“Maak wyse besluite. Moenie voorhuwelikse seks
hê, te veel drink of begin rook nie. Moenie dagga rook en dwelms gebruik nie.
MOENIE. Dit is nie die moeite werd nie. Jy weerhou jouself daarvan om die beste
jy te kan wees.”
Reynardt se passie vir mense lê hom na-aan hart.
Hy sê dat enige iemand wat nie weet met wie om te praat nie, of net
ondersteuning nodig het, met hom kan kontak maak deur ’n inboks-boodskap op een
van sy volgende sosiale media platforms:
Facebook: https://www.facebook.com/ReynardtHugo/
Instagram: @reynardthugo
Dié veelsydige ster se debuut-enkelsnit, DIE
RIVIER, is onlangs vrygestel en het soos ’n veldbrand op sosialemedia
versprei. Nóú is die musiekvideo van hierdie liedjie, wat reeds die trefferleer
op verskeie radiostasies begin klim het, ook beskikbaar!
Son Of Wolf Films was die kreatiewe brein agter hierdie besonderse projek wat in ’n teater in Centurion en ’n straat in Parkhurst afspeel. In die video sing Reynardt sy hart uit, terwyl hy op die verhoog is en in die straat loop. Dit dra nie net by tot die opwindende gevoel van die lied nie, maar sal die kyker ook vry en sorgeloos laat voel. “Terwyl ons in die straat verfilm het, het baie mense uit hulle huise geloer om te sien waarmee ons besig was. Dit was seker ’n vreemde gesig, maar ek het elke oomblik geniet,” deel hy ’n staaltjie oor wat agter-die-skerms gebeur het.
Son Of Wolf Films was die kreatiewe brein agter hierdie besonderse projek wat in ’n teater in Centurion en ’n straat in Parkhurst afspeel. In die video sing Reynardt sy hart uit, terwyl hy op die verhoog is en in die straat loop. Dit dra nie net by tot die opwindende gevoel van die lied nie, maar sal die kyker ook vry en sorgeloos laat voel. “Terwyl ons in die straat verfilm het, het baie mense uit hulle huise geloer om te sien waarmee ons besig was. Dit was seker ’n vreemde gesig, maar ek het elke oomblik geniet,” deel hy ’n staaltjie oor wat agter-die-skerms gebeur het.
Kyk die video hier!
Comments
Post a Comment