Forever Bouquets spesialiseer in handgemaakte
blommerangskikkings en ander toebehore wat nie sal verlep of bederf as jou
spesiale geleentheid verby is nie. Belê in ’n ruiker wat vir altyd sal hou en
plaas vandag nog jou bestelling.
Linel Visser is ’n kunstige mens, wat daarvan hou om haar kliënte met unieke skeppings te bederf wat hulle asems sal wegslaan.
Haar besigheid spesialiseer in ruikers en
blommerangskikkings wat gemaak word van kunsblomme, krale, stene en materiaal. Dit
is beskikbaar in ’n wye verskeidenheid kleure en style en word ontwerp met elke
kliënt se behoeftes en voorkeure in gedagte.
Ons het met haar gesels om meer uit te vind
oor wat Forever Bouquets bied en hoe ’n mens sulke rangskikkings kan bestel.
“My inspirasie was my eie troue so ’n paar jaar gelede. Ek wou nie ’n vars blommeruiker gehad het nie, my voorliefde is ‘bling’ en ‘wow’! Ek het begin soek wat ek kan doen om dit te verseker. Ek het die mooiste juweelruikers in die VSA gesien, maar vir my toekomstige man gesê ek weet nie of dit heel by my sal uitkom voor die troue nie. Ek was ook bang dat die dalk ’n foefie is of dat die eindproduk glad nie sou lyk soos wat dit geadverteer is nie. Ek het toe dadelik weggespring en begin oefen om my eie ruiker te maak. Daar het my droom onstaan om vir bruide, wat soos ek voel, dieselfde te kan doen. Dit en die feit dat die ruiker verewig hou en nie vernietig hoef te word omdat die blomme verlep nie.”
“Nadat ek my ruiker vir my troue gemaak het, het ek besluit om meer idees te probeer en al die kreatiewe goed wat ’n mens kan doen het gelei tot sommer baie meer dinge as net ruikersmaak.”
“Nie almal stem met my konsep saam nie omdat hulle van die ouderwetse manier hou om dinge te doen. Dit, of hulle verstaan nie regtig hoe jy nie vars blomme kan gebruik nie. Maar ek bou vinnig op daardie onsekerheid en skep vir hulle ’n prentjie van hoe uniek jy jou troue kan maak met die presiese kleur, blom of selfs juweel wat jy nie gewoonlik kan kry of gebruik in so ’n opset nie.”
“Op die stadium het ek ruikers, kralehangers, hangertjies, doilies, voorskote en droomvangers wat ek maak. Ek het wel nog baie unieke idees waarmee ek rondspeel wat ek hopenlik vinnig sal begin bemark. Hoe dit vervaardig word is nie altyd vinnig of maklik nie, partykeer speel ek weke met een idee rond om te kyk wat daarby gaan pas of hoe ek dit kan vorm om elegant voor te kom. Maar alles wat ek doen is handgemaak.”
“Om vir mense unieke produkte te maak wat aan hulle hartesbegeertes voldoen!”
“Definitief bruide en enigiemand wat ’n unieke ruiker soek.”
HOE
EN WAAR KOOP ’N MENS JULLE PRODUKTE?
“Ek werk van die huis af, maar mense kan my
kontak en hulle aankope optel by Cow & Bull wat geleë is by Generaal Hertzogstraat
137, Drie Riviere, Vereeniging. Bestellings kan ook na enige plek in die land
gekoerier word.
Vir meer inligting of om ’n bestelling te
plaas, e-pos linelclaassen@gmail.com
of stuur ’n WhatsApp na 083 395 6641.
Een gelukkige leser kan hierdie blospienk- en witruiker wen, ter waarder van R350!
OM IN TE SKRYF:
LIKE Forever Bouquet se blad op Facebook;
LIKE hierdie inskrywing op Glans se blad;
TAG drie vriendinne onderaan die inskrywing; en
DEEL hierdie inskrywing soveel keer as moontlik.
*Die persoon wat al die stappe volg en dit
die meeste deel, wen!
*Die wenner word op 29 Mei 2020 aangekondig.
Comments
Post a Comment