Kuierplekke kry tans baie swaar as gevolg van COVID-19 en alles wat daarmee
saamgaan. Maar dit sal ook oorwaai... en wanneer dit gebeur kan een gelukkige
leser ’n gratis drankie of drie by Cow & Bull in Vereeniging kom geniet.
Dries en Linel Visser is ’n dinamiese paartjie. Hulle is nie net goeie
mense wat nie huiwer om uit te help in ’n krisis nie, maar beide is baie
kreatief en het ’n goeie kop vir besigheid.
Cow & Bull, ’n kroeg wat lewendige vermaak bied in die Vaaldriehoek, is
’n besigheid wat hulle ’n paar jaar terug oorgekoop het. Dis die hartklop van
hulle omgewing en ’n plek waar oud en jonk saam kuier.
Alhoewel hierdie besigheid tans swaarkry, net soos al die ander restaurante
en kuierplekke in die land, is dié paartjie positief en hoopvol dat dinge weer
gaan regkom... hulle was immers nog nooit bang vir ’n uitdaging nie.
Ons het meer gaan uitvind oor hulle en hulle besigheid.
WATTER WERK HET JULLE GEDOEN VOORDAT JULLE
COW & BULL OORGEKOOP HET?
“Dries was ’n Engelse-,Wiskunde- en ICT-lektor by ’n privaat-verpleegkollege
en Linel was deel van die administratiewe span.”
HOE HET JULLE AAN DIE IDEE VIR DIE BESIGHEID
GEKOM?
“Die verpleegskool, waar ons gewerk het, se getalle is ingeperk deur die
regering en moes van hulle werkers laat gaan. Dit was nog altyd ons droom om
ons eie kroeg te besit, waar almal lekker kan saam kuier, nuwe talentvolle
kunstenaars kan sien en sommer net pret kan hê. Hierdie het vir ons na ’n gulde
geleentheid gelyk om so iets te begin.”
HOE HET DIE BESIGHEID BEGIN EN HOE HET DIT
VAN DAAR AF GEGROEI?
“Ons het ’n bestaande kroeg oorgekoop wat baie potensiaal gehad het.
Stadig-maar-seker het ons, ons merk begin maak deur ’n atmosfeer te skep waarin
kliënte weet dat almal welkom is en dieselfde behandel word. Ons groot fokus is
op vermaak, en om nuwe kunstenaars ’n platvorm te gee om hulle talente ten toon
te stel. Dit het in die drie jaar wat ons die plek besit so verander dat self
groot name in die musiekbedryf ons kontak as gevolg van die reputasie wat ons
opgebou het.”
VERTEL ONS MEER OOR DIE UITDAGINGS WAT OP JOU
PAD OM JOU BESIGHEID GEVESTIG TE KRY EN HOE JY DIT OORKOM HET?
“Die uitdagings is meer as wat ons kan noem, veral omdat beide van ons geen
kennis van die bedryf gehad het nie. ’n Goue reël wat ons geleer het, is dat as
jy mooi kyk na jou kliënte hulle berge vir jou verskuif en baie foute sal oorsien.”
VERTEL ONS MEER OOR DIE BESIGHEID?
“Ons besit ’n kroeg-restaurant. Daar het ons enigiets van ’n koue drankie, lewendige
vermaak, lekker kos en ’n pool-tafel, tot speletjiesaande en die beste
atmosfeer wat dit laat voel soos ’n kuier by jou huis met familie en vriende.”
WAT VERKOOP JULLE?
“Ons verkoop coctails en shooters en het ook ’n spyskaart met ’n
paar unieke disse op! Wat ons eintlik verkoop, is ons atmosfeer, waar almal
weet dat hulle ’n plekkie het onder die son.”
WAT MAAK JULLE BESIGHEID UNIEK?
“Definitief die feit dat ons dit kan regkry om enigiemand by ons te laat
kuier en baie mense van verskillende agtergronde gemaklik te laat voel, van drag queens tot bikers (toevallig almal op die selfde aand).”
WAT IS DIE HOOFDOEL VAN DIE BESIGHEID?
“Ons missie was van die begin af om ’n atmosfeer te skep wat mense laat
voel asof hulle by die huis kuier saam met familie en vriende.”
WAT IS JULLE PLANNE VIR DIE TOEKOMS?
“Buiten vir ons Nicholis Louw-optrede wil ons meer op ons kombuis fokus
deur meer unieke geregte uit te bring soos ons Savoury Koeksisters en Cow &
Bull Bites. Ons wil ook baie graag die Cow & Bull naam meer bekend
maak.”
WAAR IS COW & BULL GELEË?
“Ons is geleë in Generaal Hertzogstraat 137, Drie Riviere, Vereeniging. Julle
kan ons ook e-pos by cowandbull2017@gmail.com.
WEN, WEN, WEN!
Een gelukkige leser kan ’n Cow & Bull-geskenkbewys
wen, ter waarde van R250 (wanneer kuierplekke weer mag oopmaak)!
OM IN TE SKRYF:
LIKE Cow & Bull se blad op Facebook;LIKE hierdie inskrywing op Glans se blad;
TAG drie vriende onderaan die inskrywing; en
DEEL hierdie inskrywing soveel keer as moontlik.
*Die geskenkbewys moet binne drie maande nadat kuierplekke mag oopmaak gebruik word.
*Die wenner word op 5 Junie 2020 aangekondig.
As jy ook ’n klein besigheid het wat tans swaartrek en ekstra blootstelling nodig het, kontak ons by redakteur@glans.co.za sodat ons kan help!
Comments
Post a Comment