Die manne van Victor Bravo
verklap meer oor die boodskap agter hulle splinternuwe
enkelsnit, SUIDERKRUIS.
Victor
Bravo is ’n akoestiese duo wat bestaan uit voorsanger en ritmekitaarspeler, Weco van Basten en
hoofkitaarspeler en agtergrondsanger, Jopie Pienaar.
Weco: “SUIDERKRUIS is ’n kontemporêre popsnit. Dit is deur my geskryf en Jopie het die akoestiese en elektriese kitaarwerk gedoen. Die liedjie is vervaardig deur Renier Henning Music en sluit die werk van bekende dromspeler, Bruce Wallace, en baskitaarspeler, Janes Blomerus, in. Basies gaan dit oor Suid-Afrika en hoe baie jy daarna verlang wanneer jy nie hier is nie... al probeer jy jouself soms anders oortuig. Ek het dit eerstehands ervaar toe ek vir drie jaar in Amerika ‘groener weivelde’ gaan soek het. Jy bly ’n Suid-Afrikaner in murg-en-been. Rugby, braaivleis, en ons taal vloei deur jou are en ’n deel van jou gaan altyd daarna verlang.”
Jopie: “Goeie musiek moet jou hart raak en dit is wat ons anders maak. Die liedjies wat ons kies, is dieper en ons pas die klank aan om ’n meer treffende en emosionele boodskap deur te gee.”
Weco: “Die projek, Victor Bravo, is so vier jaar terug gebore as ’n konsep in my kop. Die idee was om ’n platform te skep uitsluitlik vir musiek, sonder die ander sideshows. Dinge het vinniger vlam gevat as wat ons gedink het dit sou en vandag is dit vir ons ’n groot voorreg om ook ons eie musiek met die publiek te deel.
Jopie: “Definitief om ’n vollengte album agter ons naam te hê en op groter stages op te tree – saam met groot name – sodat ons raakgesien kan word deur diegene wat ons waardevol vind.”
Weco: “Dit moet jet fuel wees vir die ouens wat wil kuier en dit geniet, maar dit moet ook ’n sagte vertroosting wees vir enigiemand wat op daardie oomblik ’n skouer soek om op te huil.”
Wat begin het as ’n
Nuwejaarsvoorneme om musiek te maak ter wille van die passie en naletenskap
daarvan, het uitgedraai in ’n kitssuksesverhaal wat die groeplede se wildste
drome oortref het.
Apple Music
Deezer
Google Play
Facebook: https://www.facebook.com/VictorBravoMusic
Twitter: @VictorBravoMusic
Instagram: @VictorBravoMusic
Comments
Post a Comment