OUER TROETELDIERE: Hoekom hulle ekstra sorg nodig het...


Net soos mense, word troeteldiere ook ouer en het hulle spesiale sorg nodig, soos wat die jare aanstap, om hulle gesond, gelukkig en gemaklik te hou. Hill’s Pet Nutrition is kenners op die gebied van viervoetige familie en verklap hoe jy beter na jou grysbaard kan omsien.


Alhoewel hulle liefde en lojaliteit nie verouder nie, gebeur dit wel met ons troeteldiere. Katte en honde word reeds op sewejarige ouderdom as “seniors” beskou, en groot honde soos Labradors selfs as hulle maar sowat vyf jaar oud is.

Jy dink dalk jou sewe jaar oue kat of hond is in die fleur van hulle lewe, maar aan die binnekant is die prentjie soms baie anders. Ouer diere is meer geneig om hartsiekte, kanker, artritis en nier- en lewersiektes te ontwikkel. Baie toestande word ongelukkig nie opgemerk voordat onomkeerbare skade aangerig is nie. Hoe kan jy help om jou troeteldier se oudag goud maak?

’N JAARLIKSE ONDERSOEK IS BELANGRIK
’n Jaarlikse ondersoek deur ’n veearts is belangrik vir alle diere sewe jaar en ouer. Met die nuwe IDEXX SDMA-toets kan veeartse niersiekte tot vier jaar vroeër in katte en twee jaar vroeër in honde opspoor. Vroeë opsporing laat vinnige intervensie toe wat die dier kan help om langer te leef en lewensgehalte kan verbeter. Dr Sheri Ross van die Universiteit van Kalifornië (Davis) se Veterinêre Mediese Sentrum sê: “Met die regte versorging kan jy jou troeteldier se lewe met maande, selfs jare, verleng.” opgelê word teen ’n party wat gefaal het om ’n eis wat deur ’n ander party ingestel is te verdedig. 

GESONDE DIEET IS ’N MOET
Dr. Ross sê dit is makliker om siekte te voorkom as te behandel. “Vir ouer troeteldiere is die twee belangrikste dinge om hulle goed te monitor en ʼn senior dieet te voer.” Met ouderdom raak die optimum omvang van verskillende voedingstowwe kleiner, wat makliker tot tekorte of ’n ooraanbod van voedingstowwe kan lei. “Die gee van die regte kos is waarskynlik die eenvoudigste en mees doeltreffende manier waarop jy ʼn verskil kan maak,” sê dr. Guy Fyvie, veterinêre raadgewer by Hill’s Pet Nutrition South Africa. “ʼn Nuwe kos, Hill’s Prescription Diet k/d + Mobility, is ontwikkel na meer as ʼn dekade se navorsing. Dit kombineer die heel beste voedingswetenskap om ouer troeteldiere langer fiks, aktief en gesond te hou.”

’n Aantal kleiner maaltye per dag is dalk beter vir ’n ouer dier se spysverteringstelsel. Maar moenie jou dier oorvoer nie – obesiteit kan tot talle gesondheidsprobleme lei en kan ’n dier se lewe verkort.

VARS WATER EN SKOON EETGEREI
Sorg dat vars water ten alle tye beskikbaar is. Ouer diere reguleer nie hulle waterbalans so goed nie en raak makliker gedehidreer. Maak seker dat kos- en waterbakke binne ouer diere se bereik is, want dit is dalk vir hulle pynlik om te buig, strek of spring. Skoon eetgerei is ook noodsaaklik, omdat kieme dikwels deur swak higiëne versprei word.

Gaan stap ’n entjie en speel met jou dier. Gepaste oefening sal julle albei fiks hou en ook die dier se brein aktief hou om sodoende “honde-Alzheimers” te voorkom.

Hill’s spesialiseer in hondekos en produkte, wat spesiaal geformuleer is om vir jou dier die beste voeding moontlik te gee vir sy behoeftes. Word vandag nog deel van die Hill’s-familie.
 
Volg hulle aanlyn: 
I: @HillsPetFoodSA I F: @HillsPetZA I T: @HillsPetSA I W: www.hillspet.co.za

 
 

Comments