Die bekroonde
kitaarspeler, sanger, liedjieskrywer en sessiemusikant, Nathan Smith, se nuwe
album is nou beskikbaar. Lees meer in vandag se artikel.
Nathan Smith het die afgelope ruk nie net een nie, maar twee enkelsnitte
vrygestel... en net soos die nuus dat ’n nuwe album op die horison wink, het
dié vrystellings reeds groot opwinding op sosialemedia, maar ook onder bekendes
in die vermaakbedryf veroorsaak.
“Here’s To The Now is ’n lige akoestiese rock-album en sluit lewensverhale oor myself en ander mense in. Die tema is basies om vir vandag te leef, nie oor môre bekommerd te wees nie en uit die verlede te leer.”
HOE MOET MENSE JOU MUSIEK ERVAAR?
“Ek wil hê dat mense daarby moet aanklank
vind en waardering moet hê vir die kuns daaragter.”
WAT WAS DIE GROOTSTE UITDAGINGS VERBONDE AAN
DIE OPNAME VAN DIE ALBUM?
“Omdat ek so ’n wye musikale agtergrond het,
was dit vir my nogal moeilik om die klank van die album vas te stel en daarby
te hou.”
HOEKOM IS DIE ALBUM UNIEK?
“Die liedjies is lekker om na te luister, is
goed verwerk en mense sal met die temas kan vergelyk.”
WAT IS JOU PLANNE VIR DIE TOEKOMS?
“Om soveel as moontlik optredes te doen om my
musiek aan almal bekend te stel en om eendag in Europa te gaan toer.”
DEEL JOU GROOTSTE LOOPBAANHOOGTEPUNT SOVER?
“Om deel te kon wees van verskeie
Sokkerwêreldbekerkonserte in 2010 wat baie mense gelok het.”
WAT INSPIREER JOU OM SEKERE MUSIEK TE SKRYF
EN TE SING?
“Om mense te vermaak en lekkerluister-musiek te skep.”
“Om mense te vermaak en lekkerluister-musiek te skep.”
AS JY ’N ANDER LOOPBAAN MOES KIES, WAT SOU
DIT WEES EN HOEKOM?
“Ek sou ’n geoktrooieerde rekenmeester geword
het, maar het op die laaste minuut my loopbaankeuse na musiek toe verander.”
VERTEL ONS IETS WAT NIEMAND VAN JOU WEET NIE?
“Ek is ’n oggendmens en funksioneer dan op my
beste. Anders as ander musikante, staan ek elke oggend 05h30 op.”
Wanneer jy hom vra hoe hy oor sy nuwe enkelsnitte en
album voel, sê hy: “Ek is mal daaroor dat dit
my instaat stel om met met mense se harte te praat en ’n dieper vlak van emosie
en empatie kan oordra deur middel van musiek. Ek wil hê dat luisteraars moet
aanklank vind by die stories agter die lirieke, maar ook steeds die kuns in my
musiek waardeer.”
Volg hom op sosiale media:
Comments
Post a Comment