Wit Kasteel maak
al sedert 2015 opslae in die bedryf. Ons gesels met hulle oor hulle nuutste
enkelsnit, TOEGEWYD.
Die rockgroep, Wit Kasteel (wat bestaan uit Clemond Dartnell,
Ernst Nieuwoudt, Reinard Kruger en Waldemar Behr) se eerste enkelsnit, ’n
unieke verwerking van Laurika Rauch se Die Nostalgie, het groot opslae
gemaak in musiekkringe toe dit in 2015 vrygetsel is. Dit was vir verskeie weke
nommer een op Groot FM en Suidkaap FM se treffersparades en die musiekvideo
van dié treffer is reeds deur duisende mense op YouTube gekyk.
“Die liedjie is geskryf oor die moeilike tye in die lewe. Dit is ’n boodskap vir almal om deur daai tye toegewyd te bly en hulleself op te tel van die grond af en aan te hou deurdruk. Dit is ’n boodskap dat jou verlede nie jou toekoms bepaal nie, maar eerder jou positiewe gesindheid. Die moeilike tye bou karakter, so moet dit nie vergeet nie. Leer daaruit en gebruik dit tot jou voordeel.”
“Wit Kasteel het saam met Hugo Ludik van Muse Studios gewerk aan die enkelsnit.”
“In die huidige ‘klimaat’ waarin ons onsself bevind, dink ons dit is ’n belangrike boodskap.
Ons het al baie gevoel dat die toekoms onseker is, persoonlik en in ons loopbaan. In die verlede was daar gevalle van valse hoop en menigte struikel blokke. Ons het wel altyd gesoek na die positiewe en besluit om daarop te fokus. Ons het ons kenne op gehou, ten spyte van dit en aangehou hard werk.”
“Daar is verseker ’n hele paar hoogtepunte, maar hier is een wat uitgestaan het: Ons het laasjaar ’n privaatvertoning gedoen in Tzaneen en glad nie geweet wat om te verwag nie. Na ons optrede, wou ons iets gaan drink saam met die mense wat ons kom ondersteun het. Toe ons terugkom by die kroeg, het almal Wit Kasteel T-hemde aangehad.”
“Elkeen van ons liedjies is geskryf met ’n boodskap in gedagte. Elke luisteraar sal ons musiek op hulle manier kan interpreteer, soos dit op hulle lewe van toepassing is.”
“ACDC, Hendrix, Queen en The Hives.”
“Ons sal nog graag saam met Fokofpolisiekar ’n verhoog wil deel.”
“Aanvanklik het ons begin as ’n Engelse band. Ons het vinnig besluit om Afrikaans toe te skuif, aangesien dit ons Moedertaal is en ons baie trots is daarop.”
“’n Skoot swart Zambuca en ’n huddle met gebed voor elke show.”
Laai die enkelsnit hier af!
Volg hulle op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/WitKasteel/Instagram: @witkasteel
Twitter: @witkasteel
Webblad: www.witkasteel.co.za
YouTube: https://www.youtube.com/user/witkasteel
Comments
Post a Comment