Wat jy moet weet oor skuld


In vandag se tye is dit algemeen om jouself in ’n posisie te vind waar jy net nie jou skuldverpligtinge kan nakom nie. Die grootste fout wat verbruikers maak, is om stil te bly of skaam te wees oor hul finasiële posissie, wat lei tot oorhandiging en regsaksie.


Skuldinvordering is ’n belangrike gedeelte van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Uitstaande skuld beloop miljarde en die nie-betalingskoers het ’n negatiewe effek op ons land se finanasies. Rentekoerse kan toeneem as gevolg van agterstallige skuld.

WAT IS SKULD?
Skuld is wanneer twee partye ’n ooreenkoms aangaan, hetsy mondelings of skriftelik, en een van die partye ’n verpligting het om geld terug te betaal vir dienste gelewer of kapitaal wat geleen of voorgeskiet is. Dit kan wissel van kredietooreenkomste, gim-lidmaatskappe, skoolgelde, doktersrekeninge ensovoorts. Die sperdatum vir betaling sal bepaal word in terme van die ooreenkoms. Indien die skuldenaar die bepalings van die ooreenkoms nie nakom nie, sal die uitstaande skuld, in terme van die bepalings van die ooreenkoms en die toepaslike wetgewing, dadelik betaalbaar wees. Sodra die skuldenaar agterstallig raak of weier om betaling te maak, is die ooreenkoms verbreek. Volgens ’n standaard-kredietooreenkoms, kan die skuldeieser vir die skuldenaar ’n skriftelike kennisgewing gee dat verdere stappe geneem gaan word indien die ooreengekome paaiement vir meer as twintig besigheidsdae agterstallig is. Die kennisgewing moet die skuldenaar inlig dat hy binne tien dae die agterstallige bedrae tot op datum moet bring, ’n terugbetalingreëling kan tref of die kredietooreenkoms na ’n skuldberader moet verwys. In die geval waar die skuldenaar versuim om te reageer op die voorstel van die skuldeiser, of dit verwerp, kan die skuldeiser na die kennisgewingtydperk van tien dae voortgaan met regstappe. Die skuldeiser sal dan voort gaan met Vonnis by Verstek. Vonnis by Verstek is ’n vonnis wat opgelê word teen ’n party wat gefaal het om ’n eis wat deur ’n ander party ingestel is te verdedig.

WAT IS DIE INVORDERINGSOPSIES?
Krediteure/Skuldeisers kan besluit watter invorderingsproses die beste vir hulle sal werk.

Sagte Invorderings: Geen regstappe word op hierdie stadium geneem nie en daar word probeer om skuld in te vorder op ’n vriendelike manier. Die skuldenaar word aangeraai om reëlings te maak, die nodige betalings te maak of om die rekening te vereffen om verdere regstappe te vermy. Die skuldenaar word inglig dat indien hy versuim of weier om reëlings te maak, dit sal lei tot regsaksie wat ’n effek op sy kredietrekord sal hê. Die invorderingsproses behels ’n telefoonoproep met die skuldenaar om terugbetalingreëlings te tref of om ’n skikking te onderhandel.

Betalings vir die ooreenkoms kan gemaak word deur middel van ’n belofte om te betaal, ook bekend as ’n PTP- (Promise to Pay) ooreengekom. Indien ’n debietorder gereël word, sal die skuldenaar toestem tot ’n bepaalde aftrekking op ’n vasgestelde datum van sy bankrekening tot en met die volle uitstaande skuld vereffen is. Die voordeel van hierdie tipe van betaling, is dat daar minder administrasie aan die kant van die skuldenaar sal wees om seker te maak dat die betalings op tyd gemaak word, omdat dié aftrekking dus outomaties sal plaasvind. In die geval waar die skuldenaar versuim om die ooreengekome betalings te maak, kan die skuldeiser voortgaan met regstappe, onderhewig aan die toepaslike wetgewing.

Combrinck & Associates spesialiseer in skuldinvordering en ander skuldbystand. Kontak hulle om jou skuldprobleme te hanteer!
KONTAK HULLE
016 932 4593 | www.combrinck.co.za | mail@combrinck.co.za | F: Combrinck & Associates | T: @CombrinckAssoc1

Comments