’n Groot aand vir onafhanklike kunstenaars by Afri-Indies 2024

 


Die jaarlikse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings het op 7 Augustus 2024 plaasgevind by die AfriForum Teater in Pretoria.

Hierdie glansgeleentheid is bygewoon deur benoemdes, verskeie bekendes en die publiek en was voorwaar ’n aand waaroor daar nog baie gepraat gaan word.

Die organiseerder, Rea le Roux, is bygestaan op die verhoog deur Greunen Parker en Die Kontrak se Mirandi – wat saam met Rayne en David Fourie ook as gaskunstenaar opgetree het.

Buiten vir ’n huldeblyk aan Thys die Bosveldklong, is talle musieklegendes ook vir hulle jarelange bydrae tot die musiekbedryf vereer, waaronder:

       Karen Hougaard (wat die geleentheid al die pad van die VSA bygewoon het): Lewenslange bydrae
       Johan Stemmet: Lewenslange bydrae
       David Kramer: Lewenslange bydrae
       Dozi: 35 jaar bydrae
       Ignaz Streicher: 23 jaar bydrae
      Gerhard Steyn: 22 jaar bydrae
      Jan Bloukaas: Bydrae tot vernuwing in Afrikaanse musiek
      Rozalla: 35 jaar bydrae tot wêreldwye musiek
 

Die wenners vir 2024 was:

·       4 Eva Young Band: Beste enkelsnit (onder 18-groep) vir "Tiekiedraai"

·       Jade Nova: Beste enkelsnit (onder 18-solo) vir "Wie ek is"

·       Carley: Beste rock-enkelsnit (onder 18) vir "Baadjie"

·       Lu-Anél: Beste pop-enkelsnit ("Liefdesgevoel"), live kunstenaar en vroulike kunstenaar (onder 18)

·       Elsjé: Beste nuweling-enkelsnit vir "Stroom"

·       Keenan: Beste enkelsnit vir ’n kunstenaar met ’n gestremdheid vir "Six Strings"

·       Kaaplandse Boereorkes: Beste tradisionele enkelsnit vir "Stefan se vastrap"

·       Chris Vale, Eugene Joubert en Franco Prinsloo: Beste klassieke enkelsnit vir "Shall I compare thee (Sonnet 18)"

·       Rita-Li: Beste komedie-enkelsnit vir "Perdekrag"

·       Victor Bravo: Beste duo-enkelsnit (Afrikaans) vir "Lê my neer"

·       CheraLee en Daniel Baron: Beste duo-enkelsnit (Engels) vir "Out of my hands"

·       Priscilla Babu: Beste gospel-enkelsnit (solo) vir "Die Regter Kom"

·       Jacques & Liezel: Beste gospel-enkelsnit (duo) vir "Moving On"

·       CheraLee, Elme Churr en Carma: Beste gospel-enkelsnit (trio) vir "Blom in sy wese"

·       Deja Vu: Beste rock-enkelsnit vir "Rof"

·       Ryan Burnwood: Beste sagte rock-enkelsnit vir "Leef Binne My"

·       Loufi: Beste kletsrym-enkelsnit vir "Plaas Toe"

·       Kevboii en Armand Joubert: Beste dans (EDM)-enkelsnit vir "Dans saam my"

·       Zondagkraal: Beste Southern rock-enkelsnit vir "Blom"

·       World@South: Beste instrumentele enkelsnit vir "Music for a found harmonium"

·       Belinda & Amy Band: Beste alternatiewe enkelsnit (Afrikaans) vir "Onsigbaar"

·       Vabond: Beste alternatiewe enkelsnit (Engels) vir "Roll the dice"

·       Inspirasie Veelvoud: Beste volwasse kontemporêre enkelsnit (manlik) vir "Witborskraai"

·       SAARKIE: Beste volwasse kontemporêre enkelsnit (vroulik) vir "Outeniqua"

·       Armand Joubert: Beste pop-enkelsnit vir "Met jou klere Af"

·       David Fourie: Beste pop/ dans-enkelsnit vir "Die Dans Ding"

·       Carla Franco: Beste album vir ’n kunstenaar met ’n gestremdheid vir "Layers"

·       Leon-Ben Lamprecht: Beste alternatiewe album vir "Die son kom op en sak oor ons almal"

·       Jaco & Manie: Beste tradisionele album vir "Jaco & Manie"

·       Chris Vale, Eugene Joubert en Franco Prinsloo: Beste klassieke album vir "Come to dust"

·       Anne-Marie van Eeden: Beste gospel-album vir "Optelwoorde"

·       Blackwater SA: Beste rock-blues-album vir "Blues Chemistry"

·       Pieter Rischmuller: Beste Southern rock-album vir "Stories"

·       Cunning Brad: Beste volwasse kontemporêre album vir "Big Cigar"

·       Phillip: Beste pop-album vir "Verbeel"

·       Klipriver Boereorkes & Vasvat: Beste instrumentele album vir "Green Green Grass of Home"

·       Elme Churr: Beste lewendige vermaaklikheidskunstenaar (vroulik)

·       Armand Joubert: Beste lewendige vermaaklikheidskunstenaar (manlik)

·       Janie Bay: Beste liedjieskrywer (vroulik)

·       Pedro Barbosa: Beste liedjieskrywer (manlik)

·       Mark Beling: Beste musiekvervaardiger (Engels)

·       Loki Rothman: Beste musiekvervaardiger (Afrikaans)

·       Anne-Marie van Eeden: Beste volwasse kontemporêre musiekvideo (vroulik) vir "Na wie kan ek vanaand verlang"

·       Inspirasie Veelvoud: Beste volwasse kontemporêre musiekvideo (vroulik) vir "Witborskraai"

·       Muller Brandt: Beste komedie-musiekvideo vir "Braaibroodjies"

·       Pedro Barbosa: Beste algehele musiekvideo vir "Runaway"

·       Scallywag & Tizel: Spesiale toekenning vir 40 miljoen strome vir "I know you’re scared – Tizel Remix"

·       DROOMSINDROOM: Beste live-duo-groep

·       Millennium: Beste live-groep

·       On-Fire Events vir die internasionale ster Jamie Fine se SA-toere in 2023 en 2024: Beste vermaaklikheidsbesigheid

·       Dozi & Nadine: Beste samewerking 2024 vir "Toe die engel aan die water raak"

·       Jennifer Zamudio: Beste vroulike kunstenaar 2024

·       Loufi: Beste manlike kunstenaar 2024

·       Franco Prinsloo & The Vox Chamber Choir: Wenners van die R20 000-kontantprys vir beste algehele inskrywing vir "Aeternum"

Die geleentheid is met trots aangebied met behulp van borge soos Ontbytsake, Jakaranda Engravers, Big Toe Events en Rug teen Rug.


Comments