Resensie: Nathan Smith – Here’s To The Now

Die Glansspan het Nathan se nuutste album in die posbus gekry en deel graag wat hulle hiervan dink. Lees verder om te sien of jy saamstem!

 

Daar is baie min CD’s wat jy van begin tot einde kan deurluister sonder om ’n liedjie of drie oor te slaan. Nathan Smith se nuwe album, HERE’S TO THE NOW, kry dit egter reg om jou in te trek en tot en met die laaste noot te boei.

 

Hierdie lekkerluister-nommertjie bestaan uit twaalf oorspronklike werke, wat wissel tussen opgewekte ligte rock- en bluessnitte tot meer ernstige betekenisvolle ballades en folk-liedjies.

 

Alhoewel dit moeilik is om ’n gunsteling uit te sonder tussen dié knap versameling musiek, sal liedjies soos Aiden, Decisions, Closer en Running Out Of Control beslis ’n paar keer meer deur ons geluister word, omdat ons voel dat hierdie liedjies met die hart praat en al die bestanddele bevat van wat ’n goeie treffer behoort te wees.

 

Wanneer jy na die album luister, is dit duidelik dat Nathan ’n knap kitaarspeler en liedjieskrywer is, en dat jare se ondervinding en hope talent bygedra het tot ’n perfekte eindresultaat. Ons beveel die album aan vir almal wat goeie musiek waardeer wat lekker is om na te luister, maar ook die hartsnare sal roer.

 

WEN, WEN, WEN!

Een gelukkige leser kan die HERE’S TO THE NOW-album wen. Al wat jy moet doen om in te skryf, is:

*Like en deel hierdie resensie op Facebook;

*Like Nathan Smith en Starburst Promotions se blaaie op Facebook;

*Tag drie vriende in die kommentaarblokkie.

 

Die wenner sal op 1 Oktober aangekondig word.

 

 

Comments