Resensie: Dozi – Vrede

 
 
 

Die Glansspan het Dozi se nuutste album in die posbus gekry en deel graag wat hulle hiervan dink. Lees verder om te sien of jy saamstem!

 
 

Luisteraars wat al vir jare Dozi se musiekloopbaan volg, gaan baie van sy nuutste album – VREDE – hou.

 

Alhoewel daar baie opgewekte nommertjie op hierdie 13-snit CD is, skep dit oor die algemeen ’n baie rustige en vreedsame gevoel en is dit die perfekte reismaat vir die langpad of agtergrondmusiek wanneer vriende kom kuier.

 

Die album bou voort op die unieke pop-rock trant waarvoor Dozi bekend is en dit is baie duidelik dat hy sy hart en siel in elke liedjie gestort het om die perfekte eindresultaat – wat op sy eie plaas opgeneem is – te verseker.

 

Liedjies wat vir ons uitstaan, is beslis Dit Is ook Maar Hier, Ek Wil Vir Jou Sê, As Jy Deur Hel Gaan en Partykeer Somtyds, omdat ons voel dat hierdie liedjies met die hart praat en lekker val op die oor.

 

Wanneer jy na die album luister, kan jy hoor hoekom Dozi al so lank in die bedryf is en hoekom sy aanhangers so lief is vir sy musiek. Ons beveel die album aan vir almal wat goeie musiek waardeer wat lekker is om na te luister, en jou rustig en tevrede sal laat voel.

 

WEN, WEN, WEN!

Twee gelukkige lesers kan die VREDE-album wen. Al wat jy moet doen om in te skryf, is:

*Like en deel hierdie resensie op Facebook;

*Like Dozi en Starburst Promotions se blaaie op Facebook;

*Tag drie vriende in die kommentaarblokkie.

 

Die wenner sal op 25 Oktober aangekondig word.

 


Comments