Die Glansspan het Jan Blohm se nuutste
album in die posbus gekry en deel graag wat hulle hiervan dink. Lees verder om
te sien of jy saamstem!
Daar is ’n baie goeie rede hoekom hulle Jan Blohm
die digter van Afrikaanse musiek noem. Hy het nou maar een maal ’n manier om
diep lirieke en unieke klanke te kombineer en dit uit sy hart uit te sing... soos
niemand anders kan nie. Sy nuutste album, JENNY, is ’n bewys van
sy ongelooflike veelsydigheid en hou jou geboei tot en met die heel laaste noot.
Die CD bestaan uit veertien snitte wat, soos ’n
fliek, vir jou die mooiste liefdesverhaal vertel in die alternatiewe rockstyl
waarvoor Jan bekend is.
Dit is amper onmoontlik om ’n gunsteling uit te
sonder tussen dié knap versameling musiek, maar ons is besonders mal oor
liedjies soos Levi Jeans, Soos ’n Lady, Waar Kry Jy Jou Naam,
Ou Karoo en Jenny, omdat ons voel dat hierdie liedjies met die hart
praat en al die bestanddele bevat van wat ’n goeie treffer behoort te wees.
Hierdie is sover ons gunsteling-album vir die jaar
en ons beveel dit nie net vir Jan Blohm-bewonderaars aan nie, maar vir enigiemand
wat lief is vir musiek wat met die siel praat.
WEN, WEN, WEN!
Twee gelukkige lesers kan die JENNY-album
wen. Al wat jy moet doen om in te skryf, is:
*Like en deel hierdie resensie op Facebook;
*Like Jan Blohm en Starburst Promotions se blaaie op Facebook;
*Tag drie vriende in die kommentaarblokkie.
Die wenner sal op 1 November aangekondig word.
Comments
Post a Comment