Bederf die spesiale vroue
in jou lewe hierdie Kersfees met iets wat hulle hoop en inspirasie sal gee vir
elke dag in die Nuwe Jaar!
Glo dit of nie, maar Kersfees is alweer om die draai en dit is nie altyd maklik om op die laaste minuut die perfekte geskenk te kry nie... veral nie vir ’n ma, ouma of vriendin nie.
Daarom het ons gevoel dis ons plig om jou te laat weet van hierdie twee besonderse boeke, wat nie net ’n aanwins sal wees vir enige boekrak nie, maar ook vir elke vrouehart.
’N SONNEBLOM VIR ELKE DAG – SUSAN COETZER (R260)
Susan Coetzer is ’n juweel van ’n mens, wat verstaan hoe om met ’n vrou se hart te praat en te help genees wat seer is.
’n Sonneblom vir Elke Dag is ’n versameling van 260 dagstukkies wat spesiaal saamgestel is om vroue te inspireer om – net soos sonneblomme – met hulle gesigte na die son toe leef en nie toe te laat dat negatiewe dinge hulle onderkry nie.
Dit is beslis die perfekte geskenk vir die spesiale vroue in jou lewe wat ekstra bemoediging nodig het in hierdie onsekere tye wanneer dinge nie altyd vlot verloop nie en Susan Coetzer se humorsin is verfrissend.
’N PALET VOL VREUGDE – ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER (R270)
Aletté-Johanni Winckler is een van die stylvolste vroue in die land en het lankal reeds besef dat ware skoonheid van binne af kom.
Met haar 366 dagstukkies, neem sy jou op ’n geestelike sielsreis om elke aspek van jou lewe – van ma-wees tot in die werkplek te verryk en te verbeter.
’n Palet Vol Vreugde is perfek vir jou elke vrou wat nader aan God wil leef en haar sorge in Sy hand wil laat om gelukkiger te leef. Dit sluit ook insette in van Marciel Hopkins, Kona Brown, Karien Basson, Anel Alexander, Christi Panagio, Elsa Winckler, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.
Beide boeke is beskikbaar by uitgesoekte winkels, Lux Verbi of op www.nb.co.za.
Comments
Post a Comment