Christiaan
Baartman se nuutste enkelsnit, AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS, is nou op
digitale platforms beskikbaar en om dit te vier, het ons hom so ’n bietjie
beter leer ken.
Christiaan Baartman het al verskeie suksesvolle enkelsnitte op sy kerfstok en is opgewonde om sy nuutste vrystelling met bewonderaars te deel. Maar eers het ons hom ’n paar vinnige vrae gevra:
WAT INSPIREER JOU
OM MUSIEK TE SKRYF?
“Mense, ek is baie lief vir mense en het van kleins af ’n passie vir hulle stories oor liefde en ellende. Ek wil graag verstaan waarom mense hartseer is, lag, en die lewe leef. Dit is waar my inspirasie meestal vandaan kom.”
WAT IS JOU
GUNSTELING-LIEDJIE OOIT?
“Daar is te veel. Maar as ek een moes uitsonder sou dit The Sound of Music se hele klankbaan wees. Ons het dié drie plate deur geluister toe ek ’n kind was.”
WAT SING JY IN
DIE STORT?
“Ek skryf liedjies in die stort. Geen idee waarom nie, maar die meeste van my treffers word geskryf in daai kamertjie.”
WAT KOM EERSTE -
LIRIEKE OF WYSIE?
“By my is die melodie eerste. Lirieke is altyd moeiliker, maar ek voel ’n mens moet ’n goeie melodie hê, anders gaan die lied nie geluister word nie. Lirieke is egter net so belangrik.”
WAT WAS DIE
EERSTE MUSIEKKONSERT WAT JY BYGEWOON HET?
“My eie een (LOL). Ek was 5 of 6 en het die Kersblyspel se solo, Sterretjies wat vonkel, gesing. Dit is ook een van my eerste herinneringe as kind.”
WIE IS JOU
ROLMODEL?
“Coenie de Villiers. ’n Kunstige man, wat hard werk en altyd tyd het om raad te gee. As ek eendag die helfte van Coenie kan wees, het ek ’n goeie lewe gely.”
AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS is ’n folk-popliedjie uit Christiaan se eie pen en ateljee, wat lekker val op die oor en sal aanklank vind by enigiemand wat al ’n liefdesteleurstelling moes verwerk.
Hierdie pragtige lied is die sanger se dertiende enkelsnit in drie jaar en volg in die voetspore van nommer-een-treffers soos Net ’n Bietjie, Stof, ’n Vriend Soos Jy (’n lekkerluister-duet saam met Mack Rapapali), My Vrou en Die Beste Deel.
Dit is nou op alle digitale platforms beskikbaar.
Laai dit hier af!
Foto’s: Verskaf
Comments
Post a Comment