Genomineerdes vir 2023 Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings nou bekend

 


Groot opwinding heers tans in onafhanklike musiekkringe, want die volledige lys van benoemdes vir die jaarlikse Afri-Indie OnafhanklikeKunstenaartoekennings is hierdie week bekend gemaak.


Die Afri-Indie-inisiatief is in 2019 gebore uit die sanger, Rea le Roux, se droom om vir onafhanklike musikante erkenning te gee vir hulle werk.

Vanjaar word dié geleentheid reeds vir die derde keer aangebied en beloof dit om selfs groter, beter en meer glansryk te wees as vantevore.

Wenners van hierdie gesogte toekennings word op 4 April 2023, tydens ’n glansryke rooitapyt-funksie, aangekondig by die Coloseum Reale in Pretoria.

Uit honderde inskrywings wat ontvang is, is die volgende onafhanklike kunstenaars benoem:

SPESIALE TOEKENNINGS



ALGEMENE TOEKENNINGS

 







Buiten vir pragtige handgemaakte toekennings deur Jakaranda Engravers, staan een gelukkige deelnemer in die musiekvideo- en album-afdelings ook die kans om met ’n kontantprys van R20 000 weg te stap.

Die toekennings word moontlik gemaak met die ondersteuning van talle borge, waaronder Mit-Mak Motors, Ian Bossert Entertainment, Xtreme Promotions Sound and Lighting, BigToe Creatives, MRB Property Valuation, Buffalo Grill en Jakaranda Engravers.

Kaartjies om dié spoggeleentheid by te woon is beperk en kan aanlyn hier gekoop word.

Vir meer inligting oor hierdie inisiatief, besoek Afri-Indie se webblad en om op hoogte te bly van nuus en verwikkelinge, loer gerus op Facebook of Instagram.


#glanstoekennings #glansmusiek #glansvermaak #glansgeleentheid #AfriIndie2023 #nominasies #onafhanklikekunstenaars




Comments