5 minute met Breyton Paulse

 


Breyton Paulse is deel van World Leisure Holidays se eerste gholftoernooi in Mauritius. Hy verklap meer oor sy gunsteling-gholfdinge. 


Voormalige Springbokspeler, kommentator en aanbieder, Breyton Paulse, gaan saam met JP Duminy, Alwyn Hollenbach en Johnny Davids van 7 tot 14 September 2024 deelneem aan ’n World Leisure Holidays gholftoernooi in Mauritius. 

 

Die toernooi sal op drie van die eiland se mees skouspelagtige bane gespeel word: Ile aux Cerfs, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Bernhard Langer; Anahita-gholfbaan, ’n 18-putjie par-72-kampioenskapgholfbaan ontwerp deur Ernie Els; en die tegnies uitdagende 18-putjie par-72 kampioenskap Tamarina-gholfbaan, die langste op die eiland, ontwerp deur Rodney Wright.

 

Deelnemers sal verder ook bederf word met drie aande in die Mauritiaanse hotelgroep SunLife se vyfster Sugar BeachResort, en vier aande in sy vyfster Long BeachResort, onderskeidelik.

 

Alle gholfspelers, ongeag van voorgee of ervaring, word genooi om aan hierdie eerste-van-sy-soort geleentheid deel te neem.

 

Vir meer inligting, stuur ’n epos aan golf@wlh.co.za.


Breyton het die volgende blitsfeite oor gholf met ons gedeel:

GUNSTELING-INTERNASONALE GHOLFSPELER?

“Ek hou van Rory McLroy.”

GUNSTELING-PLAASLIKE SPELER?

“Jayden Schaper.”

BESTE GHOLFRAAD WAT JY AL ONTVANG HET?

“Moet nooit die bal te hard probeer slaan nie.”

HOUT OF YSTERS?

“Hout.”

HET JY AL OOIT ’N KOLHOU GESLAAN?

“Ongelukkig nog nie!”

 


Comments