Kaartjies vir die Afri-Indie-toekennings nou beskikbaar!

 


As jy jou gunsteling-kunstenaar wil ondersteun moet jy nou spring om te verseker dat jy ’n plek het in die gehoor om te sien wanneer hy/sy hul toekenning ontvang.

 

Die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kunstenaarmusiektoekennings beter bekend as die Afri-Indie-musiektoekennings se rooitapytgeleentheid is elke jaar ’n hoogtepunt in die kunstenaars en publiek se dagboek.

 

Van die grootste geeste en name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf woon hierdie gala-aand elke jaar by om top-onafhanklike werke te vereer.

 

Afri-Indie spog met die Ontbytsake/Rug-teen-Rug se TV-span wat die aand in 2024 verfilm, asook talle ander mediahuise wat die geleentheid gaan bywoon.

 

Gaskunstenaars vir die aand sluit in Mirandi, Rayne en David Fourie, asook ’n eregas van die VSA - die musieklegende Karin Hougaard.

 

Buiten vir die genomineerde kunstenaars, word verskeie musieklegendes, waaronder David Kramer, Dozi, Karen Hougaard, Jan Bloukaas, Gerhard Steyn, Johan Stemmet, ook vereer vir hulle merkwaardige bydrae tot die plaaslike musiekbedryf.

 

Bewonderaars, vriende en familie wat graag hierdie glansgeleentheid wil bywoon om hulle gunsteling-musikant(e) te ondersteun, kan nou kaartjies koop.

 

Die toekenningsgeleentheid vind plaas op 7 Augustus 2024 by die AfriForum Teater in Pretoria en kaartjies kos R250 per persoon. Kleredrag is formeel.

 

Kry jou kaartjies hier.  

 

Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop nie.


Hier is weer die lys van genomineerdes:


 

 








Comments