Vir Dr. Lizelle
Grobler, ’n bekende forensiese psigofisioloog, profieleerder, hipnotiseur,
mentalis en HUB van Iqiniso Forensic is dit belangrik om vroue te bemagtig om
die beste weergawes van hulleself te wees. Sy deel meer oor hoekom sy passievol
is hieroor.
HOEKOM LÊ DIE
BEMAGTIGING VAN VROUE JOU SO NA AAN DIE HART?
“Ek werk gereeld met vrouens wat mishandel word... en ek het soveel respek vir ’n vrou wat opstaan vir haar kinders en die lewe alleen aanpak. Vrouens het ongelooflike dryf en verbaas my elke dag. Maar dan is daar ook die handjie vol wat sukkel om dit alleen te doen, en hulp nodig het.”
VERTEL ONS MEER OOR
DIE MIND MASTERY-OPLEIDING WAT JULLE AANBIED EN HOE DIT VROUE HELP OM SKADELIKE
DENKPATRONE TE OORKOM?
“Ons leer hulle hoe werk visualisasie. Hoekom jy heeltemal moet weg beweeg van negatiewe denke af, en wat dit aan jou liggaam doen. Hoe om jouself te anker en hoe om jouself uit negatiewe gedagtes en emosies te lig.”
JY HET GENOEM DAT
GEESTELIKE/ INNERLIKE KRAG ’N GROOT ROL SPEEL IN SELFVERDEDIGING, VERAL IN
SITUASIES VAN GESINSGEWELD. HOE WERK VISUALISERINGSTEGNIEKE OM FISIESE GRENSE
TE OORSKRY?
“Daar is tegnieke wat gebruik kan word om jouself te sentreer; en deur middel daarvan jouself fisies drie maal sterker en swaarder te maak. Wat baie handig kan wees in ’n gevaarlike situasie.”
WAT IS DIE
BELANGRIKSTE LESSE WAT VROUE TYDENS JULLE NAWEEK-WEGBREEKKURSUSSE LEER, EN HOE
VERANDER DIT HULLE SELFBEELD EN SELFVERTROUE?
“Weereens al die tegnieke hierbo, asook fisiese self verdediging. Van direkte kontak, hoe om jouself teen ’n wapen te verdedig indien moontlik en ook hoe om jouself los te kry...”
HOE KAN ’N POSITIEWE
WERKSOMGEWING BYDRA TOT DIE VERBETERING VAN INTERPERSOONLIKE VERHOUDINGS EN
PRODUKTIWITEIT?
“Bloot net die feit
dat jy jou kolegas se persoonlikhede beter verstaan sal reeds ’n groot aandeel
hê in beter werksomstandighede. Daar sal ook ’n definitiewe ommeswaai wees in ’n
omgewing waar mense geleer word om hul vibrasies te lig en inherent meer
positief van aard te wees... Die gesamentlike energie sal van meer positiewe
mense het ’n groot uitwerking op almal se gemoed.
‘Surround yourself with light bringers, magic makers and world shifters. They challenge you, break you open, uplift and expand you... These people are your tribe!’”
Vir meer inligting
oor watter dienste Iqiniso Forensic bied, besoek www.iqinisoforensic.co.za.
Comments
Post a Comment