5 minute met Louis de Bruin

 


Louis de Bruin is ’n sanger en liedjieskrywer met ’n passie vir musiek. Hy verklap meer oor die man agter die musiek.

WIE IS JOU ROLMODEL?

“Ek dink Laudo Liebenberg op die stadium.” 

WAT IS JOU GUNSTELINGLIEDJIE?

“Dit is vir my ’n onmoontlike vraag om te antwoord. Tans is dit People Watching van Sam Fender.”

WAT IS EEN DING WAT JY GEREELD SÊ?

“Elkeen dink sy donkie is die volgende Durban July-wenner.”

BRAAI OF UITEET?

“Definitief braai.”

IS JY ’N SOMER OF WINTER MENS?

“Ek sien regtig die mooi in elke seisoen, maar as ek MOET kies, sal dit Somer wees.”

Louis se eerste amptelike radio-enkelsnit, Moments, sal eerskomende Vrydag beskikbaar wees. Hou sy blad dop op Instagram vir meer inligting.

 


Comments